AG EK KAN NET HELLO Sê
November 26, 2007 Louise
More sê aan almal wat hier lees
’n Lekker besige naweek gehad. Moes Saterdag oggend weer deur ry na my ma toe en begin pak. My suster en haar man het ook ‘n uur na ons gekom, en toe het sy verwag ons moes al klaar gepak gewees het. Die vermetelheid. In hierdie maand wat ek en my man en kinders elke naweek Strand toe gery het, het sy nie 1 maal daar gewees om te help pak nie. Toe ons nou Saterdag die kombuis gereedskap en bakke moet deel, was sy so ombeskof – het net die beste vir haar gevat en ek moes met die krummels tevrede wees.
Ek het my lam gewerk, sy het net hiet en gebied vir almal. Dit gaan nog ‘n baie baie lang pak wees na die 16de toe en ek weet nie of ek my sal kan inhou altyd nie. Sy is baie baie beledigend en ook baie ombeskof met my ma. My broer het hom heeltemal onttrek van hierdie trekkery af as gevolg van haar ombeskofgeid. So ons sal maar moet wag en kyk hoe dinge vorder!!
Verder het ons Sondag maar tuis deur gebring en lekker geswem en gebraai en ek het verder uitgepak. En kaste oorgepak om alles in te kry.
Vandag is weer rustig, reën lekker en die kinders is by die huis met vakansie.
Vir plus minus so ‘n jaar en ‘n half het ek en Pierre elke Sondag vir ‘n bergie wat altyd daar in ‘n parkie alleen sit ‘n bord kos geneem – deur die tye wat ons swaar gekry het, en in die goeie tye, al was dit net party dae ‘n sny brood met eier. Die afgelope 4 Sondae kon ons nie, aangesien ons by my ma was om te help pak. Gister was weer die eerste keer dat ons sy kos kon gaan gee, en die vreugde op daardie man se gesig, was onbeskryflik. Hy het gewonder of ons hom vergeet het, het hy aan ons gesê. Dit het my net weer eens laat besef, ons moet ons oë oopmaak vir mense rondom ons. Die bord kos gee ek met soveel liefde in my hart en net om die vreugde en dankbaarheid op daardie man se gesig te sien. Daardie man is al reeds ver in sy jare, en in die winter het ek ‘n kombers vir hom geneem en was ek so bang dat hy nie winter sal deur maak nie, maar die Here het hom warm gehou, net soos ek gevra het. Ek het my voorgeneem om as ek die naweek nie vir hom kan kos neem nie, ek my bure sal vra om asb net vir hom kos te gee, al moet ek ook self die bestandele koop. Vir hom beteken daardie bord kos Sondae so baie en is dit dalk al wat hy eet gedurende die week. Ek het ook net besef, dat so maklik gooi ons sommer die oorskiet vir die honde, maar kyk wat se geluk bring dit aan daardie man.
Lekker dag
Louise
Entry Filed under: Uncategorized
1 Comment Add your own
Leave a Comment
Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
1. Louise&hellip | November 26, 2007 at 10:04 am
Hi