Besige tyd
November 20, 2007 Louise
More almal
Sjoe, wat ‘n besige tyd het ek nou nie die afgelope tyd gehad nie en sal seker nog hê tot by Kersfees. My ma trek mos van die Strand af Paarl toe, en ons trek en trek en trek. Ons pak in en dit lyk of daar nog niks weg is nie.
Die huis is verkoop en die oordrag is besig om te gebeur. My ma het vir elke kind R10 000 uitgesit om te ontvang wanneer die oordrag klaar is. Ek is baie opgewonde, want ek gaan vir my ‘n laptop koop met die helfte van die geld en die ander helfte moet gaatjies toe maak en weggesit word. Ek is so opgewonde oor die laptop soos ‘n klein kindjie oor ‘n krismkis present.
Verder gaan dit goed. Manlief geniet die werk verskriklik baie en vertel elke dag van alles wat die kindertjies doen. Hy is baie moeg saans, maar dit is die moeite werd. Ons is so dankbaar oor daardie werk en glo dit sal nou permanent wees.
Met die kinders gaan dit voor die wind. Eksamens is nou verby en nou begin hulle op my senuwees werk, maar sal hulle maar besig hou met allerhande dinge.
O Ja , die sitkamer en eetkamerstel wat ek van my ma gekry het, het ook aangekom en dit lyk pragtig. Vir die eerste keer in 24 jaar van getroude lewe het ek ‘n eetkamerstel met stoele en ‘n goeie sitkamerstel. Nou word ek ook “grand” ha ha
Gaan nou eers weer en sal more of so meer vertel
Liefde
Louise
Entry Filed under: Uncategorized
Leave a Comment
Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>